Testimonials
-
Ronel Sherriff
-
20kg
-
90cm
-
20
-
BEFORE
AFTER
Ek het verlede jaar op 25 Oktober 2010 by julle aangesluit nadat ek vanaf Maart 2010 begin gesond eet het en gesien het dat ek nie net gesond kan eet nie, ek sal ook moet oefen! So in Maart 2010 het my gewig begin by 134.02 kg en toe in Oktober was my begin gewig by julle
126.1 kg!
Ja, Desember 2010 het ek toe 'n knie operasie gehad en kon vir 5 maande nie oefen nie! In Julie het ek vol stoom weer begin oefen en voel so goed!!! Ek probeer om 20 keer 'n maand te oefen! Van Julie tot nou het ek amper 10 kg verloor!!!
In Augustus 2011 het ek 2de gekom in die Curves kompetisie - wie verloor die meeste gewig in 'n maand! Dit het my aangespoor om net aan te hou!
In November 2011 weeg ek 114.02!!! Dankie vir julle hulp dat ek nou
20 kg verloor het. Sou dit nie gemaak het sonder julle nie! Het in totaal 24 cm oor my "abs" verloor!
Ek het Vrydag 'n nommer 20 grootte broek gekoop en was so dankbaar ek hoef nie meeer 'n nommer 28 broek grootte te koop nie.
Ek kan ook in plaas van 'n 3XL grootte T-shirt 'n MEDIUM T-shrit koop!!!!!
Ek voel trots op myself!!!!!!!
Dankie aan my Verlosser, Jesus, wat my die wilskrag en uithouvermoë gee om dit te kan doen!! Dankie ook aan my man, Errol en my kinders, Amelia en Johnny wat my elke dag aanmoedig om aan te hou!!
Nou vir die volgende 20 kg!!!!!
Groete
Ronel Sherriff
-
Ina Janse van Rensburg
-
Wat Curves vir my beteken
BEFORE
AFTER
Nooit sou ek kon dat ek op my ouderdom (68 jaar) oefeninge sou begin wat vir my so baie beteken, en dit ook geniet.
My dogter, Sonet Swanepoel, van Potchefstroom het my aanbeveel om by Curves aan te sluit en ek is nie spyt daaroor nie. Ek begin 6h30 te oefen so 3 of 4 keer per week, nadat ek 1 km gestap het. Dis ‘n wonderlike voorreg om te kan stap. Elke liggaamsdeel en spiere kry die regte oefening vir 30 minute op 12 masjiene. Terwyl ek oefen is my gedagtes net op die masjiene en konsentreer ek om reg te oefen want die masjiene monitor my bewegings.
Curves het my ‘n kopskyf laat ondergaan want ek besef die waarde van oefening en is ek ‘n gesonder en beter mens (gees, siel en liggaam). ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees en begin ek die dag reg. Kan nie dink dat ek sonder Curves en die mense kan wees nie.
Dankie aan bestuurderes Sandra en instruktrieses wat hulp verleen en ‘n aangename atmosfeer vir ons almal skep, wat ‘n besondere ervaring. Dit het ook positiewe invloed en gesindheid op die lede.
INA JANSE VAN RENSBURG
-
Evelyn Mbekwa
-
40.90kg
-
87 cm
-
"Curves changed my my life"
BEFORE
AFTER
Evelyn never imagined that only 1 years later she would lose 40kgs. Evelyn decided to join Curves in January 2010 when she was tired of worrying about her appearance and health. Without knowing what to expect, she was surprised to discover how much she enjoyed her 30 minutes of training three times a week, but also how quickly she had taken up the challenge to improve her fitness. As she describes herself: "I have more confidence in myself" These visible changes have also encouraged Evelyn to adopt a healthier diet. Evelyn knew she was overweight that is why she decided to become a member at Curves. But it was not her only problem: "When I was climbing stairs, I gasped." "Curves staff members encouraged me and motivated me to do physical training three times a week. They managed to ensure that I stay focused on my goal. With regular exercise at Curves and a more balanced diet. “I feel healthier and in better physically”. The decision to join Curves was “the best thing I did for myself for years.” "Friends and family complimented me on my appearance".